Covid-19 het nie die laaste sê nie

Hierdie gesprek het plaasgevind tussen Michaela Oberholzer en haar gespreksgenoot Elna Esterhuizen.  Michaela het toestemming verleen dat haar verhaal gepubliseer en gedeel mag word. In hierdie verhaal sien ons dat hoewel Covid-19 so baie van mense wil ontneem Covid nie die laaste sê het nie.

Elna: “Michaela wil jy ons so ‘n bietjie vertel van waar jou lewenstorie wat jy wil deel begin het?”

Michaela: “In 1973 het my Pa ‘n advertensie gesien dat Yskor Vanderbijlpark, Ambagsmanne soek.  Hy was ‘n gieter.  Hy het besluit om aansoek te doen, omdat hy ‘n toekoms vir sy familie wou hê; so is sy aansoek goed gekeur.  Hul het alles verkoop, hulle familie, vriende en Duitsland gegroet.  My Pa, Ma en broer, het toe vertrek op ‘n skip na Suid-Afrika toe. ‘n Land waar hul nie die taal, kultuur, mense geken het nie. 

My Pa het sy alles gegee: geleer, verder studeer, gewerk en nooit opgegee nie.  Tot hy voorman was van sy gietery afdeling. Hy het altyd gesê, maak nie saak wie of wat jy is nie, gee altyd jou beste, en neem jou medemens in ag.

Hy was ook vir jare betrokke by ons gemeente raad in Johannesburg. Op die Bazaar en ander byeenkomste was hulle altyd beskikbaar om te help. My ouers het baie opgeoffer in hulle lewens.  Terwyl ek in Standard ses was, het Yskor die eerste “voluntary retrenchment”/pensioen pakkette uitgedeel wat my Pa toe gevat het.  Finansieel het ons nou swaarder getrek.  Maar hy het nie daar stil gestaan nie.  Hy het ‘n groente tuin begin, by my skool uitgehelp op feeste, omdat ons subsidie aansoek by die skool gehad het.  So selfs deur al die moeilike tye, het hy altyd voorsien vir kos, klere, ‘n dak oor ons kop, maar bo alles ‘n liefdevolle huis, waar ek altyd kon veilig voel en eerlik praat oor my uitdagings, drome en planne.

My Ma was weer ‘n vegter.  Alhoewel ek in Suid Afrika gebore is, is ons kultuur, geloof en sieningspunte bietjie anders as die sterk Afrikaanse gemeenskap waarin ons gebly het.  Apartheid was vir ons so ‘n vreemde konsep, as Katoliek, was ons in gemengde gemeentes.  So was my skool jare was nie altyd die maklikste nie.  My Ma het altyd gesê, maak nie saak hoe lelik maatjies is nie, bly altyd vriendelik en hulpvaardig.  Sy het altyd eers geluister, maar dan het sy  opgestaan vir haar waardes veral geregtigheid.”

Michaela: “Hierdie foto is my gunsteling foto. Dit was geneem op ons troue. Dis hoe ek hom wil en gaan onthou. Vir my straal daar baie liefde.”

Elna: “Dankie dat jy Pa en Ma aan ons voorgestel het.  Ek word ook geraak deur die liefde wat uitstraal en die intieme blik.”

Elna: ”Wat is dit van jou agtergrond, opvoeding en ouers wat jy vorentoe wil neem?”

Michaela: “Paar jaar terug, na ‘n TV onderhoud een oggend op Morning Life, was gesê “Don’t leave a vacancy, leave a legacy.”  Dit is my Ouers se nalatenskap.   Nie besighede, eiendomme of geld nie.  Nee, jou alles gee, maak nie saak wat, waar of wie jy is nie. Staan op vir wat reg is, en neem jou medemens in ag, want God het jou geroep.”

Elna: “Michaela, so waar kry ek jou vandag?”

Michaela: “Verlede jaar, 2019, het my Pa my ingelig sy kanker het metastase, en na baie gebed en smeek, het hul ingestem om Centurion toe te kom.”

Elna: “Wat het hul “na Centurion toe kom” vir jou beteken?”

Michaela: “Ek het geleer in die tyd wat hul hier was dat ek soos my Pa ‘n lysie mens is.  Goed moes in plek gesit word.  Hy het my volmag oor my Ma gegee sowel as eksekuteur van sy boedel. Die vertroue wat hy vir my gegee het, is ‘n groot voorreg en eer.”

Op 6 Maart het my Pa 78 geword en 7 Maart het ek vir hom ‘n verjaarsdag partytjie gehou waar ek almal wat ek kon opspoor genooi.  Van naby tot ver het mense gekom. Mense wat ek van my kinderdae van Vanderbijlpark onthou tot mense wat hulle in later jare toe hulle met die Karavaan gekamp het aan die Suidkus.  Een van die manne het van PE af ingevlieg.  Dit het my Pa diep geraak maar ook geskok.  Hy kon nie verstaan hoekom so baie mense gekom het nie; hy  is nie ‘n besonderse of belangrike mens gewees nie.”

Elna: “Waarom was dit vir jou so belangrik om die verjaarsdag partytjie te hou?”

Michaela: “Sodat mense hom kan “groet” terwyl hy nog saam ons is, maar ook dat hy kan besef die impak wat hy gemaak het.”

Elna: ”Watter betekenis het die hou van die partytjie vir jou gebied?”

Michaela: “Dit was my beurt om terug te gee, om bietjie vreudge vir hom te kan gee, en ‘n voorreg om te sien, hoe sy lewe ‘n impak gemaak het.  Jy het nie nodig om belangrik of beroemd te wees om ‘n impak in ander se lewens te kan maak nie.”

Elna: “Het jou pa dalk vir jou gesê watter impak die partytjie op hom gehad het?”

Michaela: “Ek het my Pa ‘n lewende “eulogy” gelewer oor sy nalatenskap. Hy het in trane uitgebars en gesê hoe trots en geëerd hy is om ons as sy kinders te hê.”

Elna: “Waaroor wil jy nou gesels?”

Michaela: “Die daaropvolgende week het my Pa se toestand verswak en was hy gehospitaliseer.  Van daar af was  hy Step down toe geskuif.  In die tyd het hy baie gebid en die Here gesmeek om hom te kom haal.  Die pyn is te veel.   Elke dag as ek by hom kom huil hy en vra hy hoekom straf God hom.  Ek kon nie antwoode gee nie. Hy het gevra my vir sy Rosary en Bybel.  ‘n Week later kon ons hom in Frailcare inboek.

Met die huidige Corona Virus Pandemie kon net ek saam kom om hom in te boek.  Die dag nadat hy by die Frailcare ingeboek is, kry ek ‘n oproep dat Ma en ek moet nou kom.  Daar sit ons nou. Hul kry hom nie wakker nie.  Hy haal moeilik asem, sy pols is swak.  Hoekom Here?  Hoekom die pyn en  leiding? Na ‘n ruk sê my Ma sy kan nie meer nie, sy wil huis toe.  Oppad terug sê sy “dankie vir jou en die seuns.  Hulle hou my besig en trek my aandag af.”

Elna: “Wat het jou ma se dankie sê het op daardie oomblik?”

Michaela: ”Dat ons ook vir my Ma die regte besluit geneem het. En dat my kinders hopelik as dit in God se plan is nog baie tyd saam hul Ouma kan hê en by haar leer. Veral die Duits.  Hulle is baie nuuskierig daaroor. ”

Elna: “Wat is dit wat jy wil hê dat hulle alles by Ouma moet leer?”

Michaela: “Hulle moet leer van hulle Oupa, wie hy was, nie net van my nie maar ook van haar.  Van ons kultuur en die waardes wat ons leef.”

Elna: “Waarom is dit vir jou belangrik dat hulle dit leer?”

Michaela: “Ek glo dis belangrik om te weet waarvandaan ons kom.  My Pa het na die tweede wêreld oorlog groot geword, hulle was vier kinders en het ‘n kamer saam hulle ouers in ‘n familie se huis gedeel.  “His past did not define his future.”  So maak nie saak wat jou omstandighede, jy kan ‘n goeie lewe hê.”

Elna: “Wat dink jy gaan dit vir Ouma beteken dat sy dit kan leer vir die kleinkinders?”

Michaela: “Dit motiveer haar om te leef en aan te gaan. En nie tou op te gooi noudat Pa nie meer hier is nie.  Hulle is saam vandat hulle 18 jaar oud was, 60 jaar saam, 57 jaar getroud.” 

Elna: “Is daar ‘n manier wat jy dit dalk vir haar kan sê?” 

Michaela: “Ek bou my Ma elke dag op. Dis belangrik om haar ook te motiveer en sterk te wees vir haar.  ”

Elna: “Waar het jy dit geleer om ander op te bou, te motiveer, en sterk te wees? 

My ma, sy het my altyd opgebou en motiveer.  My Pa ook, hy was weer die sterk ene.  Dit het my altyd verbaas wat hulle gedoen het, om als te los en in die onbekende in te gaan.  Daardie jare was daar nie TV of Internet, waar jy kon google en google maps na die plekke kyk nie.  Jy het vertrou op wat vir jou gesê was.”

Elna: “As jy moes raai, watter impak gaan jou benader tot jou ma op haar hê?”

Michaela: “Sodat sy weet sy is nie alleen nie.”

Elna: “Wat het jy besef as jy terugdink oor wat alles aan die gebeur was?”

Michaela: “Toe besef ek, my Pa moes nog hier wees, hul moes geskei wees en sy by my intrek.  Haar tyd op aarde is nog nie klaar nie.  Hierdie tyd het haar voorberei maar ook laat besef die lewe gaan aan.

Ek het ‘n papier ontvang oor wat gebeur als as ‘n geliefde tot sterwe kom.  Covid-19 lockdown gebeur in twee dae. Begrafnisse word toe gelaat.” 

Elna: ” Wat is jul wense vir hierdie tyd waarin julle jul bevind?”

Michaela: “Pa wil veras word.  Ons wil begrafnis hou want, mense wil afskeid neem.   

Maar hoe kan ek?  Ons land is in ‘n krisis.  Mense reg oor die wêreld is besig om te sterf aan hierdie virus.  Dit sal selfsugtig van my wees om in die tyd ‘n begrafnis te reël. Mense sal wil kom. Baie van hulle is ouer mense. Hou ek die begrafnis, mag dalk van hulle nie kom nie as gevolg van COVID -19, en ek vra vir ander mense om hulle self ook bloot te stel met die reëlings hiervan.

En dis nie wie my Pa is nie.  Moenie vir my blomme bring op my begrafnis, bring my blomme terwyl ek nog leef. Ja, ons het, op sy verjaarsdag partytjie sy lewe gevier. 

Ons sal na die COVID-19, ‘n Memorial hou.“

Elna: “Wat beteken dit vir jou en julle om later ‘n Memorial te hou?”

Michaela: “ Ek voel dis belangrik dat almal kan bywoon sodat mense kan kom deel wat hulle van hom onthou en hulle stories deel van my Pa.  Ek sou sê “Healing by storytelling” In ons gedagtes sal hy voortleef, in die lewenslesse wat ek my kinders sal leer, sal hy voortleef. “

Elna: “Wat noem jy die eienskap wat jul nou demonstreer om te midde van julle eie verlies hierdie besluite te kon neem?”

Michaela: ”Onselfsugtig.  Ons kan nie nou selfsugtig wees en net aan ons self dink nie.”

Elna: “Van watter van julle waarde spreek onselfsugtigheid?“

Michaela: “Ek weet nie of dit ‘n waarde is nie, maar dit is God se gebod: jy moet jou naaste lief hê soos jouself.”

Elna: “Waarom is dit so belangrik vir jou?”

Michaela: ”Want dit is ‘n opdrag van God”

Elna:  “Waar het jy en julle die belangrikheid hiervan geleer?”

Michaela: “My Pa, dis hoe hy geleef het.  Dit gesê hy kon ook ’n baie hardkoppige mens wees op tye, maar “overall” het hy so geleef.”

Elna: “Hoe gaan dit jou in my toekoms help?”

Michaela: “Dit doen al klaar.  Ek kon my kliënte, vir die wat nie kan betaal nou twee maande “payment holiday” gee wat hulle later kan opvang. Ek sien myself as ‘n “partner” saam my kliënte.”

Elna: “Michaela hoe kry jy dit reg om onder die omstandighede nog te kan dink aan “payment holidays” vir jou kliënte?”

Michaela: “As gevolg van ‘n wonderwerk van God is ons skielik in ‘n finansiële toestand om dit te kan doen.  2 Corinthians 8:14 At the present time your plenty will supply what they need, so that in turn their plenty will supply what you need.  Hoe kan ek nou selfsugtig wees en net na ons kyk?  Hoe pas ons besigheidswaarde van “partnership” hierin? Ons moet gehoorsaam wees.  Al weet ons nie altyd die doel, ek vertrou in God en weet Hy dra ons hierdeur.”

Elna: “Michaela, wat vertel die handeling van julle ons nog ?”

Michaela: “Dat ons ons medemens ook in ag neem en nie net ons eie verlies nie.”

Laat aand 27 Maart:

Michaela: “Vandag 27 Maart, toe ek vanmiddag op my bank sit, voel dit asof iemand aan my skouer vat.  Ons het vandag my Ma se kamer uiteindelik klaar en sy kan in haar kamer slaap.  Om 9:54 nm het ons die oproep ontvang, Pa is om 9:15 oorlede.  Skielik kom my Ma uit haar kamer, sy kan nie slaap nie en sy het haar pille vergeet.  Sy het geweet, Pa se lyding is nou verby.” 

Elna: “Michaela, watter betekenis het jy aan die “aan my skouer vat?”

Michaela: “Dit het my onmiddellik aan my pa laat dink.  My Pa het baie die laaste tyd aan my skouer vasgehou. Ek dink hy wou vir ons sê dat hy nou “okay” is.”

Elna: “Wat wil jy daarmee maak?”

Michaela: “Pa se grootste vrees was wat gaan van Ma word. Gister, die dag toe haar kamer klaar is, en sy in haar eie spasie slaap, het hy gegaan. Ek wil vir Pa sê dat Ma “okay” is.”

Elna: “Is daar nog iets wat jy wil deel?”

Michaela: “Ek is nie ‘n Super Mamma of Super mens nie.  Baie keer sê mense dit omdat in die laaste tyd ons met baie uitdagings te doen gehad het, en menige kere ons reëlings, en planne moes verander soos die omstandighede verander het.  Maar God het ‘n plan met alles, al verstaan ons dit nie.  Selfs met die Covid 19 lock down.” 

Elna: “Watter praktiese raad kan jy vir ander gee met soortgelyke omstandighede en ervarings?”

Michaela: “Ons moet net rustig raak in Sy rus gaan sit, en met tyd sal die Gees die plan vir ons openbaar.  Omring jouself met mense wat jou kan ondersteun en saam jou kan bid, selfs deur Whatsapp het ek ‘n paar vriendinne, wat ek partykeer na toe kan uitreik.  Ons is nie veronderstel om alleen deur alles te gaan nie, so dis belangrik dat ons mekaar kan ondersteun in hierdie tye, en ons oë op God hou”

Elna: “Wat is jou strategieë waarop terugval in hierdie tye?”

Michaela: “Maar vir nou moet ons fokus op die lewendes, die President se instruksies eer, ons alles gee en hard werk sodat ons land hierdeur kan kom.   Veg vir waarin ons glo.  En op ons knieë bly, want vir God is niks onmoontlik en Sy plan is altyd die beste.  God het ook nou die tyd vir ons gegee om stil te raak en te besin oor als.  Alhowel ek nog moet werk, gaan ek nie oorweldig wees met kliënte afsprake nie. Nou kan ek, my man, my kinders my Ma ondersteun. Ons kan self vir ons ‘n tyd van genesing toelaat, sonder dat my besigheid of kliënte daaronder moet ly.”

Elna: “Michaela hoe sal jy wil hê dat julle verhaal ander in hierdie tyd help?”

Michaela: “Sjoe ek is nie seker hoe om hierop te antwoord. Wat my gehelp het is Philippians 4:6-7 Do not be anxious about anything, but in every situation, by prayrer and petition, with thanksgiving, present your requests to God. And the peace of God, which transcends all understanding, will guard your hears and your minds in Christ Jesus.”

Elna: “Wil jy dalk iets oor die foto sê?”

Michaela: “Toe ek die boonste foto vir jou gesoek het, toe sien ek hierdie ene.  Sy aardse reis het nou geëindig, en sy ewige reis het begin.”

Elna: “Hoe het die skryf van die verhaal jou gehelp?”

Michaela: “Twee weke gelede, toe als begin het met sy opname in die hospitaal, was dit vir my moeilik.  Sy verwarring pyn en leiding.  Ek kon nie verstaan hoekom God mens so kan laat lei nie.  Maar nou deur hierdie gesprek, het dit my gehelp om dinge weer in perspektief te sien en te weet dat Hy elke stap nog steeds in beheer was van als en ons rustig in “Gods rest” kan gaan sit.”

Michaela het aangedui dat lesers wat dalk met haar wil kontak maak, wat wil vertel hoe haar verhaal hulle verhale aangeraak en verander het, haar kan kontak hier.

Groete,

Michaela Oberholzer en Elna Esterhuizen

Elna Esterhuizen
Latest posts by Elna Esterhuizen (see all)

It's lonely out here, do leave a reply