Akademia
Welkom, hier waar ons jou meer vertel oor ons Akademia vennootskap en wat dit vir jou beteken.
Dit is vir ons ‘n voorreg om ‘n pad te stap met Akademia studente. Ons rol is om aan studente die moontlikheid te bied om hulp te bekom wanneer die skoen druk. Daarom sal jy van tyd tot tyd hoor van ons via die amptelike Akademia kanale. Indien jy meer van ons te wete wil kom is jy welkom om op ons gratis nuusbrief in te teken, te ‘subscribe.’
Ons poog om hierdie hulp so bekostigbaar as moontlik vir Akademia studente te maak. Weet dat daar ‘n oor is wat luister wanneer die eksamen druk te veel raak, die verhoudings in die spervuur kom, of wanneer jy begin wonder oor hoe alles nou weer sin maak en waarheen jy op pad is met jou studies en jou lewe. Dr Sandra Adendroff is in jou toegespitste kontakpersoon. Deur haarself of iemand aangewys sal jy geholpe kom. Jy kan met verskeie persone gesels maar sou vir haar kon vra, as berader, op die onderstaande vorm.
Afhangende van wat presies die behoefte is kan gesprekke in verskillende areas plaaslik gereel word: Pretoria, George, Durbanville. Alternatiewelik Zoom ons graag. Dit is ons interaktiewe videoplatvorm (soos ‘Skype’). Vir -afsprake wat nie berading verwant is nie gaan na ons kontakblad.


Maak ‘n afspraak deur
Indien jy eers navraag doen is jy welkom om te WhastApp op ons besigheidslyn binne kantoorure (weeksdae 08:30 – 13:00). Afsprake word ook buite kantoorure gemaak enige tyd wat geleë is vir jou en die berader. Jy sou ‘n epos kon rig aan appointments [AT] coramdeo.co.za wat ook outomaties die skakels vir die onderstaande vorms sal stuur. Die maklikste en vinnigste om gehelp te word is egter om sommer nou die elektronies vorm in te vul wat dadelik jou gegewens vir jou en ons sal deurstuur.
Kies die vorm wat jy wil gebruik om ‘n afspraak te maak.
Die aanlyn vorm is ons voorkeur vorm. ‘n Paar dinge gebeur outomaties en bespoedig die proses om ‘n afspraak te maak. Jy hoef ons nie te skakel nie. Indien die vorm hieronder nie laai nie of te klein lyk, klik hier. Jy kry ‘n kopie en so ook ons.
Verkies jy om ‘n vorm met jou hand in te vul? Laai die vorm of hier. Jy sal dan die vorm moet epos na appointments [BY] coramdeo.co.za Jy sou dit ook kon saambring. Indien jou afspraak in Pretoria is. Die vorm is ook beskikbaar by die kantoor.
Leer ons ken: Alles wat jy van ons wil weet
Maak ‘n diepte duik in die storie van jou lewe.
Vir die afgelope twee dekades is ons bekend vir ons program:
Gevorderde program in pastorale narratiewe berading. Sien ons jou in 2021?!
Hierdie program vergesel jou op ‘n hoopvolle reis as deel van ons Coram Deo gemeenskap. Jy hoefnie noodwendig ‘n berader te word nie. Dit is ook vir onderwysers, ouers, leiers en trouens enige persoon wat die behoefte het om sy of haar storie met die self, God, mense om ons, hoopvol te skryf.


