Ons sal rou maar weer opbou en vra wat werklik belangrik is
Mariaan Jonker is tans ‘n eerstejaars student aan Coram Deo. Saam met haar is ons wens dat ons in en na hierdie tyd sal kan onderskei wat werklik belangrik is.
Corona,
Ek weet jy is gevaarlik en jy wil ons lewens vernietig deur vrees, maar 20 jaar terug was daar ‘n ander siekte, VIGS, wat ‘n doodsvonis was wat ek as ‘n suster in die gesig moes staar.
Die mens is baie weerloos maar terselfde tyd het ons oorloë, die swart dood en groot krissise in die wêreld geskiedenis oorleef. God het ons ‘n “resilience” gegee om terug te bons.
Ja ons sal rou, ons sal weer moet opbou na hierdie winter seisoen, maar as ons toelaat sal dit ‘n tyd van refleksie wees, wat werklik belangrik in ons lewens is.
Ons word tot stillstand gedwing. Hierdie lewe is flietend soos die gras wat eendag hier is en die volgende dag nie. In ons gejaag dink ons die lewe gaan vir altyd aanhou. Hierdie kan ‘n tyd wees waarin ons besin oor wat ons regtig ons energie aan wil spandeer en wat nie.
Corona, ek het ‘n gesonde respek vir die skade wat jy kan aanrig. Ek vind uit alles wat ek kan om my en my geliefdes veilig te hou teen jou. Ek self isoleer, hou my immuniteit so sterk as moontlik, ek speel nie met my gesondheid nie. Ek doen dit om myself te “empower’ teen jou.
Ek weier dat jy soos ‘n tiran my lewe probeer oorneem. Ek weet nie wat more gaan gebeur nie, wat jou impak op ons land se gesondheid, ekonomie ens. gaan wees nie, maar ek kies om Jesus se raad te volg om dit dag vir dag te vat omdat elke dag genoeg van sy eie kwaad het.
Mariaan


