Nadia Swanepoel het toestemming verleen om die volgende te plaas en word hier verskaf deur gespreksgenoot Elna Esterhuyzen.
Die Vrees Virus
Die wêreld soos ons dit ken is oornag gekaap deur ‘n bedreiging
groter as ons denke of verbeelding.
Die vrees virus het alles denkbaar besmet:
media, mense, geld; vriendskappe en aanraking.
Dit wat eens bekend was, is nou onbekend.
Dit wat eens duidelik was, is nou onduidelik.
Dit wat eens gewoon was, is nou ongewoon.
-selfs liefde en aanraking is nou ook ‘n onbekostigbare
luuksheid.
Die vrees virus slyp rond soos ‘n leeu
gereed om enige oomblik iemand te verslind of nóg
erger:
drome, planne, hoop, vreugde, samesyn te verskeur.
Die vrees virus word eintlik al jare lank
gekoesterkort-kort steek hy sy kop uit; maar ons is slim:
ons bêre hom diep en hol dan weer in alle windrigtings:
meesters van skarrel
-alles net ‘n gejaag na die wind…
…want môre is mos nóg ‘n dag.
Tot op ‘n dag –
wat die kasdeure nie meer kan toe maak nie,
daar is geen ander plek vir die vrees virus as tussen
jou
en jou wense, drome, planne en dinge nie –
dit is eers wanneer jy tyd saam met hierdie tydbom
spandeer wat jy besef:
ook MY tyd is min…
Met eens word jy ‘wakker’ en besef:
hoekom wag tot eendag om teengif vir die vrees virus te
gee?
Hoekom nog ‘n uur leef in dié kloue?
Dit tyd is nou om die passie te hernu binne jou.
Kom kniel by die kruis om jou teengif vir die vrees
virus te kry.
Hy deel dit uit, dit is reeds ten volle betaal;
al wat moet doen, is om op te daag en ook joune af te
haal.
Wees braaf genoeg om gereeld stil te word,
in jou eie gedagtes, jou denke; selfs wonde.
Maak tyd om te luister na jou hart en gehoor te gee aan
jou stem en asem.
Moenie wag tot die wêreld jou rem voordat jy gehoor gee
aan dit wat saam maak:
JOU hart, JOU stem, JOU drome en JOU pad.
Dink mooi: gaan jy lééf of gaan jy oorleef?
Haal diep asem en belê in die mees kosbaarste
kommoditeit: tyd en liefde
Neem die teengif en lééf die nuwe lewe:
een van bedagsaamheid, bewustheid en vriendelikheid.
Die uurglas loop uit;
leef nou ‘n lewe van kleur
laat jou helder kleure ontplof,
leef met oorgawe volgens jou hart se padkaart:
‘n Lewe van vrede en vreugde –
een waar vrees nooit heers.
Nadia Swanepoel
30/03/2020
- Vrees virus - April 2, 2020
- An invitation to a family meeting - April 2, 2020
- Covid-19 het nie die laaste sê nie - March 29, 2020









It's lonely out here, do leave a reply