Hennie Swanepoel
Sweef altyd hoër | ‘Soar for more’
My lewensdoel is om soos ‘n lugballon te wees. En my leuse is “Soar for more”. ‘n Lugballon sweef altyd hoër. Hy wil mense help om te besef dat daar meer is as dit waarin hulle op die oomblik vaskyk. Daar is kleur- en verhale van vreugde wat geleef kan word.
Ons bly in Kaapstad. Ek was lank predikant in NG Vanderbijlpark-Suid en NG Melkbosstrand. Die Here het my geroep om nou breër as net binne gemeentegrense te werk. Ek is getroud met Amanda en ons het ‘n maatskappy met die naam “H and A Constructing Life”. Ons bied onder andere die lewensvaardigheid program BrightStar Lifeskills aan en ek spesialiseer in narratiewe berading. Dit is wonderlik om mense te bemagtig om hulle lewensdoele te mag leef.
Ek het, buiten my graad in teologie, ‘n honneurs graad in Psigologie, sowel as ‘n M.A graad in Sosiologie (narratiewe huweliksberading), asook my PhD graad in die narratiewe hantering van afwykende gedrag.
- Hiring in marketing MAR2408 - Jul 23, 2024
- Certificate ceremony 2024 - May 22, 2024
- Focussed introduction to narrative therapy and community work for educators a ministry leaders 231103 - Sep 21, 2023
You must be logged in to post a comment.