Hoe maak ek ‘n afspraak

Skakel gerus vir Thuli op 012 998 9083 of 012 998 8323. Sy is daar om te help om afsprake te bewerkstellig tussen gespreksgenote.

Jy kan ook ‘n epos rig.

Noem kortliks wat jou behoefte is, watter tyd jou gaan pas. Ons sal dan ‘n berader aanwys en jou kontak met ‘n afspraakdatum en tyd.

Coram Deo se terapeutiese dienste sluit in:

Individuele terapie:
Coram Deo bied ‘n terapeutiese diens vir:

i) Almal wat deur Depressie geboelie word
ii) Volwassenes en kinders wat ly onder emosionele, seksuele en ander vorme van magsmisbruik
iii) Mense wat slagoffers was van trauma, ondermeer in geval van kaping, aanranding of verkragting
iv) Verhoudingsprobleme, soos huweliksprobleme, ouer/tiener-probleme, ens.
v) Jongmense en volwassenes wat vasgevang is in verslawingstoestande, ingesluit alkohol, dwelms, en pornografie, vi) Werkloosheid en die impak daarvan op individue, gesinne, en verhoudinge in die algemeen
vii) Rousmart – mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het.

Trouens wat ook al die oorsaak van die uitdagings wat beleef word, by Coram Deo vat ons hande om hoop te bring!
‘n Span opgeleide beraders is hier om te help.

Ondersteuningsgroepe
Die volgende groepe is op verskeie maniere geaffilieer of in die Coram Deo netwerk:

i) ‘n Beroerte-ondersteuningsgroep
ii) Alkoholiste Anoniem
iii) Verslawing en afhanklikheid (Simcha) “SAA (Sex Addicts Anonymous)”
iv) Seks-verslawing annoniem
v) Huntington’s

Beradingskursus

Soveel van ons studente getuig van die waarde wat die tweejaar program pastorale narratiewe terapie gehad het vir die hantering van hulle lewensuitdagings en persoonlike verryking. Dit is beslis iets om te oorweeg!