Beroerte

Ek het beroerte oorleef, maar ek is anders…

Die byeenkoms is dikwels die enigste geleentheid vir lede om buite gesinsverband gesellig met ander mense te verkeer.

Alle dienste word gratis aangebied deur kundige vrywilligers met opgewekte persoonlikhede.

Groepsaktiwiteite sluit in: Professionele terapeutiese sessies, sprekers, sosiale uitstappies, kort vakansies en talle ander ontspannings en ondersteunings aktiwiteite. Lede het inspraak in die verloop en inhoud van verrigtinge. Pligte word toegeken, bv voorsiening van verversings ens.

Die groep is verantwoordelik vir eie befondsing en genereer inkomste dmv spesifieke projekte en insamelings.

Die Beroerte Steungroep funksioneer as ‘n nie-winsgerigte organisasie (NPO: 001-769)

Webblad: http://www.strokesupport.co.za/