Wat is Coram Deo
Wie is Coram Deo, en wat is Coram Deo Pastorale Sentrum?
Geleë in Pretoria Oos, Coram Deo Pastorale Sentrum (NPC) (Reg.nr. 2003/007191/08) is ‘n maatskappy sonder winsoogmerk, en beskik oor opgeleide narratiewe pastorale beraders in diens van die gemeenskap van Tshwane.
Die hoofdoelstelling is om ‘n sentrum van hoop te wees. ‘n Sentrum wat die gemeenskapsbelange bevorder op twee gebiede:
i) ‘n Uitnemende akademiese terapeutiese opleiding sentrum
ii) Deur narratiewe pastorale berading te bied aan enige lid van die gemeenskap wat ‘n behoefte daaraan het.
Wat is die probleem en watter oplossing bied Coram Deo?
By Coram Deo word mense se probleme en uitdagings respekvol narratief pastoraal hanteer. Coram Deo help alle mense ongeag hulle ras, taalvoorkeur, seksuele oriëntasie of geloofsoortuiging.
Coram Deo se Visie
Coram Deo Pastorale Sentrum is ‘n handevat-ervaring wat hoop bring.
Coram Deo se Missie
Ons wil ‘n professionele narratiewe pastorale sentrum wees wat hoop bied. Dit wil ons doen deur:
respekvolle narratiewe pastorale gesprekke uitnemende opleiding en puik organisasie