Kursusse

Coram Deo bied verskeie kursusse aan:

  • Ons hoofprogram (reeds vir 20 jaar) is saamgestel rondom Pastorale Narratiew Terapie (UP geakkrediteerde 2 jaar kursus)
  • Die gevorderde praktyk supervisie program help nuwe beraders om gemaklik in hulle rol te raak of bied aan ervare hulpverleners die geleentheid om met diepgaande pastorale, en, of narratiewe refleksie oor hulle eie ontwikkeling en veld na te dink, te groei, en te verbeter.
  • Die voortgesette leerprogram bied verdere kort kursusse in relevante temas aan.
  • Netwerk vennote wat die hart van Coram Deo verstaan bied deurlopend opleidingsgeleenthede.
  • Coram Care (Coram Sorg), is ‘n spasie waar hulpverleners uit verskillende velde (hetsy onderwys, berading, verpleegkunde, bestuurders saamkom en seker maak hulle is deel van ‘n versorgingstruktuur).

Daar is verskillende groepe wat affilieer, vanaf substans- en ander afhanklikheidstemas tot ondersteuningsgroepe vir persone geraak deur egskeiding en meer.

Meeste programme is geakkrediteer by die Universiteit van Pretoria en kom ook in aanmerking vir VBO, CPD en ander erkenningspunte.

Die Engelse bladsy verskaf meer inligting. Voeg gerus u naam by die lys van mense wat graag die nuutste inligting oor ons kursusse wil bekom nader aan die tyd wat iets aangebied word.