fbpx

Sonri van Weesel

Sonri van Weesel

My naam is Sonri van Weesel.  Ek het grootgeword in Centurion en in my graad 11 jaar na Bloemfontein verhuis.  Dit is waar ek my skoolopleiding voltooi het en daarna by Kovsies my graad in Maatskaplike werk verwerf het.  Ek het nog altyd ‘n hart vir mense gehad en vandat ek kan onthou ‘n behoefte gehad om kinders in nood te help.  In 2005 het ek my Meestersgraad in Maatskaplike werk met Spelterapie as spesialiteit verwerf.  Om met kinders te werk laat ‘n mens besef met hoeveel uitdagings ons jeug gekonfronteer word op ‘n daaglikse basis en hoeveel ondersteuning hulle nodig het.  Dit is vir my belangrik om vir hulle HOOP te gee.  Ek is self in my lewe gekonfronteer met dood van my eie vader op ‘n jong ouderdom, trauma, verlies, hartseer, om deel te wees van ‘n hersaamgestelde gesin en my eie egskeiding ‘n paar jaar gelede. My lewenstorie het vir my empatie en deernis gegee vir mense en die seer wat elke persoon met hul saamdra.   Ek is geseën met ‘n dogter wat my lewe vol maak en is dankbaar vir die voorreg om kwaliteit tyd aan haar te spandeer. Dit is my primêre lewensdoel om vir haar ‘n goeie ma te wees.

Ek was so bevoorreg om deel te wees van verskeie werksomgewings wat ingesluit het Psigiatriese maatskaplike werk by die Psigiatriese Kompleks van die Vrystaat, Statutêre maatskaplike werk by die CMR Faerie Glen en ook “Employee assistance” by Careways.  Met my passie vir terapeutiese werk met kinders fokus ek graag op Spelterapie en ouerleiding en is sedert 2003 as Maatskaplike werker in Privaat praktyk geregistreer.  Ek glo dat daar altyd in die beste belang van ‘n kind opgetree moet word en wil graag ‘n veilige plek vir kinders skep waarbinne hulle hul potensiaal kan ontwikkel en ook die pyn en seer in hul lewe kan oorkom.  Behalwe spelterapie waarby ek betrokke is, is ek ook ‘n deeltydse maatskaplike werker by ‘n Aftree-oord in Elarduspark waar ek ongelooflik baie leer van die ouer persone en die trauma waardeur hulle op ‘n daaglikse basis gaan. 

My pad met Coram Deo het begin kruis toe ek as Maatskaplike werker by CMR Faerie Glen gewerk en heelwat tyd ook by Coram Deo en sy mense deurgebring het.  Die wonderlike atmosfeer en gesindheid by die Sentrum is iets wat my nog altyd diep raak en wanneer ek daar kom is dit asof ek “tuiskoms” en vrede ervaar. 

Courses | Training

Pastoral Narrative Therapy (English) [UP Accredited]
Pastoral Narrative Therapy (Afrikaans) [UP Accredited]
Supervision in counselling and other helping professions [UP Accredited]
Continued Learning (consisting of 5 short formal programmes)
Seminars and workshops

Campuses | Learning sites

Pretoria (Main Campus)
Constantia Kruin (West Rand)
Kempton Park (East Rand)
Durbanville (Cape)
George (Western Cape)
Mossel Bay (Western Cape)
Lydenburg (Mpumalanga)

Global online (Blended Learning)

Make a difference

Tax deductible donations
Seeds of hope
Professional seeds
67 Minutes – Mandela dayCorporate social investment
Skills development levy

Let’s get in touch!

%d bloggers like this: